Keizerfontein is ‘n area van ongerepte natuur, geleë naby die Vanrhynspas en Nieuwoudtville. Dis ‘n lappie groen vol verrassings, of dit blomme, rotse, grotte, of mooi uitsigte is.
Wees deel van die natuur en kom geniet die mooi.
Hier is ‘n familievriendelike staproete tot op die rant van die berg waar ‘n asemrowende uitsig bo die Vanrhynspas veral teen sonsak ‘n oomblik van ‘magic’ vasvang.
Kom ry fiets vanaf Keizerfontein en geniet die vars berglug.
By Keizerfontein kamp area word jy verwelkom deur populiere en dennebome en dan kan jy plas deur strome water, klouter oor rotse, kyk na boesmantekeninge. Daar is ook ‘n area waar jy jou karavaan kan staanmaak. Hout op bestelling beskikbaar. Dis ‘off the grid camping’, geen toilet geriewe of water (behalwe vir die stroompie wat daar loop). U moet alles neem. U kan by ontvangs op Arendskraal, waar u moet aanmeld, u water tenke vol maak. Dis idillies mooi en privaat.
Plaasprodukte te koop: amandels, veldblomheuning.
Staanplek R200 per nag
Gèen elektrisiteit
Geen geriewe
Verkieslik 4x 4, geen motors
Permitte moet verkry word.
Kontak Juanita 0836486022 slegs w app
© 2024 Nieuwoudtville | Place of hidden treasures | Login | Candlelight