Nieuwoudtville ‘n nostalgiese ontdekking langs die R27 op die Bokkeveld plato.
Kom ontspan hier op Nieuwoudtville in die plattelandse gasvryheid en ontdek die geheime seisoen…
Kom verken Nieuwoudtville deur die nostalgiese roete te ry waar die vyf vierkant-plase naamlik OuPlaas (Bokkefontein), Grasberg, Willemsrivier, Groenrivier en Matjiesfontein ontdek word. Heelwat besienswaardighede, fauna en flora, die geskiedenis en huidige boerdery bedrywighede is van die enkele ervarings wat ‘n noodsaaklike besoek die moeite werd maak.
Op OuPlaas en Groenrivier staan ou sandsteen ruines en die pragtige NG Kerk in die dorp is in 1907 gebou in die ou Neo-Gotiese styl. Die koster se kostelike vark-storie en die lykswa is oop vir besoekers.
Die waterval kloof is asemrowend selfs as dit droog is. Die kokerboomwoud is die mees Suidelik in Afrika en blom gedurende Mei en Junie. Die gletservloer kan selfs na 300 miljoen jaar gelede nou nog besigtig word.
Die Hantam Nasional Botaniese Tuin van SANBI is ‘n moet vir besoekers vir stap, fietry en piekniek hou in die veldblom tuin. Vir die fikser besoeker is ‘n stap in die Oorlogskloof Natuurreservaat ‘n moet-doen op die lys.
Nieuwoudtville se Bewarea fokus op bewaring, eko-toerisme en gemeenskapsontwikkeling.
Troues is gewild in Nieuwoudtville met die kerke, onthaal opsies, verblyf, kos, troukoeke, blomme en die mooiste foto geleenthede ooit!
Moenie ‘n aktiwiteit misloop wat plaasvind in April: Hantam MTB vir bergfietse, Oorlogskloof Trailrun vir die fikse en die kloofbasaar gedurende paasnaweek. Blomme gedurende Augustus en September. Nieuwoudtville se plattelandse basaar gedurende die einde September of begin van Oktober se skoolvakansie.
Dit maak alles Nieuwoudtville die moeite werd om te besoek.
Dorp: Nieuwoudtville
Berriggewer: Erika Kotzé
Datum: 27 Junie 2017
© 2025 Nieuwoudtville | Place of hidden treasures | Login | Candlelight