Beskrywing
Ulla Irene is in die buitewyke van Nieuwoudtville met mooi uitsigte oor die Hantam-landskap en blomreservaat. Dié gastehuis is geskik vir 13 gaste en het gemeenskaplike selfsorggeriewe.
Die kliphuis is 100 jaar oud en is op 3 hektaar geleë. Daar is 4 gastekamers.
Gaste gebruik gemeenskaplike geriewe wat ‘n kombuis, eetarea en ‘n sitkamer insluit. Die oopplan-kombuis is met ‘n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook ‘n binnebraai en ‘n etenstafel.
Die sitkamer het ‘n TV en kaggel en lei na ‘n stoep met ‘n mooi uitsig. Buitestorte met warm water is beskikbaar.
Verder is daar 3 buitebraai-areas, ‘n swembad, veilige, onderdakparkeerplek en omheinde parkeerplek.
Kamer 1 – plek vir 4 mense
Die kamer bestaan uit 2 skakelkamers wat ‘n dubbelbed en 2 driekwartbeddens het. Die een slaapkamer het ‘n en suite-badkamer met ‘n stort en bad.
Kamergeriewe
Dienste
Badkamer
Kamergeriewe
Elektriese Toebehore
Ekstras
Vermaak
Kamer 2 – plek vir 4 mense
Beskrywing
Die oopplan-kamer het ‘n dubbelbed en 2 driekwartbeddens. Die kamer het sy eie kombuisie met ‘n mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamer deel ‘n badkamer met Kamer 3 en die badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak. Verder het die kamer ‘n sitarea en TV.
Kamergeriewe
Dienste
Badkamer
Kamergeriewe
Elektriese Toebehore
Ekstras
Kamer 3 – plek vir 3 mense
Beskrywing
Die kamer het ‘n dubbel- en enkelbed en deel ‘n badkamer met Kamer 2. Die badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak.
Kamergeriewe
Dienste
Badkamer
Kamergeriewe
Elektriese Toebehore
Ekstras
Kamer 4 – plek vir 2 mense
Beskrywing
Die kamer het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Verder het die kamer ‘n privaat ingang van buite af.
Kamergeriewe
Dienste
Badkamer
Kamergeriewe
Ekstras
© 2024 Nieuwoudtville | Place of hidden treasures | Login | Candlelight