Ons is gelee aan die einde van die die hoof straat in Nieuwoudtville in die rigting van die Botaniese tuin. Hier hoor jy nog die uile en jakkelse in die nag waar jy langs jou vuurtjie sit. Die sterreprag op n wolklose wintersnag is ongelooflik!
Ons het 3 staanplekke met elk sy eie vuurput/braaier met krag of sonder krag beskikbaar. Die badkamer geriewe het warm storte, alles werksaam met solar en gas. Daar is ook n gemeenskaplike opwas plek beskikbaar.
Ons kan ook ontbyt en aand etes reel vir die wat net wil blomme kyk en nie sukkel met “wat gaan ons eet vanaand? nie….
Vir die wat net wil ontspan en vergeet van die dole gejaag is hierdie net die regte medisyne.
Ons het ook kaart fasaliteite beskikbaar.
Kontak details
Noelene: 0605280758
Email: noelenekleinsmith@gmail.com
Facebook: Wiel in ‘n wiel kampterrein
© 2025 Nieuwoudtville | Place of hidden treasures | Login | Candlelight